Strikdasse vir die węreldbekende pianis
2008-05-15
MANS en vroue kan solank hul strikdasse en balrokke afstof, aangesien die Konservatorium die rooitapyt vir sy grootste klavierkonsert van die jaar gaan uitrol. Die węreldbekroonde, Suid-Afrikaans-gebore pianis Anton Nel, sal 24 Mei om 20:00 in die Endler-saal op Stellenbosch optree. Nel is een van die land se beste pianiste en het reeds van ’n vroeë ouderdom naamgemaak. Hy het oorwinnings by al Suid-Afrika se grootste kompetisies behaal en ook sy segetog in die buiteland voortgesit waar hy telkens met die louere weggestap het. Hy beywer hom as ’n Beethoven-spesialis en het reeds twee keer in Suid-Afrika die hele Beethoven concerto-siklus gespeel. Nel is tans ’n professor in klavier, en hoof van die department, by die Universiteit van Texas. Vir sy program sal hy werke van Granados, Beethoven, Schumann, Debussy en Schubert speel. Kaartjies is R90 (R70 pensionarisse en studente) en is by Computicket beskikbaar of skakel 083-915-000.
More
News
|