Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietsry-tydtoetsliga

Fietsry-tydtoetsliga
 
2008-05-15


IN ’n poging om fietsry onder die publiek van die Paarl en omgewing te bevorder begin die Rhadsport fietsryklub Saterdag met ’n tydtoetsliga.

Die tydtoetse sal oor afstande van 16km (vir ryers vanaf o.10 en o.14) en 30km (vir ryers vanaf o.16 en ouer) beslis word.

Alle wedrenne sal begin by die vierrigting- stop net buite Wellington op die Malmesburypad. Wedrenne begin stiptelik om 13:00. Inskrywings vir wedrenne sal tot 15 minute voor die begin van die wedrenne aanvaar word. Inskrywingsgelde beloop R15 vir skoliere (tot o.14) en R20 vir ryers vanaf 16 jaar.

’n Nuutjie met die hou van die tydtoetse is dat dit oop is vir vir deelname deur enige persoon in besit van ’n fiets.

Tydtoetse sal een keer per maand plaasvind en bied aan ryers die geleentheid om hul fiksheid regdeur die winter te monitor.

Die datums vir die tydtoetse is as volg: 17 Mei, 7 Junie, 26 Julie, 9 Augustus en 20 September.

Kontak Elrick Kulsen by 083-536-9096.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za