Theuns vervang Steve
2008-05-15
DIE bekende Suid-Afrikaanse sanger, Theuns Jordaan, tree op by die Paarl Gimnasium se Kunsteweek vanaf Maandag 19 Mei tot Donderdag 22 Mei. Die teleurstelling was groot toe Steve Hofmeyr sy optrede, waarna ’n jaar lank uitgesien is, weens siekte moes kanselleer. Die Kunsteweek is ter viering van die skool se 150ste bestaansjaar en beide die hoër- en laerskool neem deel aan die aktiwiteite. Maandag 19 Mei om 19:00 is dit koor- en kunstenaaraand. Plaaslike kunstenaars Laurinda Hofmeyer, André Terblanche, Hennie en Maria van der Merwe, Alana Burger en Pieter van der Westhuizen sal optree tydens die eerste helfte van die program. Sewe skoolkore van die Paarl sal ’n massakoor vorm van 450 lede tydens die tweede helfte van die program. Die massakoor sal saam met elke kunstenaar ’n lied sing. Kaartjies is beskikbaar teen R30 by die hoër- en laerskool. Dinsdag en Woensdag 20 en 21 Mei om 18:00 is dit GIM-vensters met ’n Kleine Kunstefees op die hoërskoolterrein. Vanaf graad nul tot graad sewe sal konsert hou in die klaskamers van die hoërskool. Die dramaleerders van die hoërskool sal kort tonele opvoer in die ouditorium en dansgroepe van graad agt tot graad 12 sal die gehoor vermaak met danse uit die verlede tot op hede. Reuke van kosstalletjies en koffie sal die gange van die skool en terrein vul. Eet sommer aandete by die skool.
More
News
|