Roses United steeds bobaas
2008-05-15
ROSES UNITED moes Saterdag alles uithaal om ’n begeesterde span van Abbotsdale met 20-18 te klop in ’n Boland Premierliga-wed- stryd wat op Abbotsdale beslis is. Die tuisspan het in die eerste helfte die wind goed tot hul voordeel benut en sodoende ’n halftyd-voorsprong van 13-10 geniet. In die tweede helfte het Roses se voorspelers, met Ignatius Korabie aan die voorpunt, al hoe meer hul stempel op die wedstryd begin afdruk. So het Roses se agterlyn ook beheer oor die wedstryd begin neem. Die generaal losskakel, Elgar Watts, het die tuisspan se spelers gedurig op hul tone gehou met sy aftrappe en vlymskerp breekslae. Roses se drieë is gedruk deur Watts, Garth April en Jaquin Jansen. John-Lee Nortje het met ’n doelskop en ’n strafdoel geslaag. Roses se tweede span het net-net die knie gebuig met 12-15, terwyl die derde span met 7-elk gelykop gespeel het. Roses United pak eerskomende naweek vir Rawsonville op laasgenoemde se tuisveld.
More
News
|