Van idiome tot witblits by die museum ekspo
2008-05-15
地 TOTAAL van 25 erfenisinstellings stal uit by die eerste Museum en Erfenis Ekspo wat van vandag tot Sondag in Paarl Mall gehou word. Die uitstallings kan daagliks van 10:00 tot 17:00 besoek word, en tot 16:00 op Sondag. Paarl Museum se uitstalling sal fokus op die ontdekking van die Paarl, waaronder die Soektog in 地 Sandbak waar leidrade en artefakte in die sand bymekaar gepas moet word. By die Taalmonument se stalletjie sal daar 地 model van die monument te sien wees, en besoekers sal die wortels van Afrikaans kan ontdek met die speel van 地 bordspeletjie. Jonk en oud sal hul kennis van idiome kan toets met 地 rekenaarspeletjie by die Taalmuseum se stalletjie. Die doel van die Museum en Erfenis Ekspo is om museums se werksaamhede aan die publiek bekend te stel en die siening te verander dat museums stowwerige plekke is. Besoekers sal produkte soos witblits kan proe en aan interessante aktiwiteite en kompetisies kan deelneem. Vir navrae, skakel Isabeau Botha by 021ュ-872- 3441 of Elizabeth Bowes by 021-ュ872-2651.
More
News
|