Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington weer verwoede aanslag af

Wellington weer verwoede aanslag af
 
2008-05-15


DIE eerste rugbyspan van Wellington het Saterdag in ’n wedstryd teen Black Leaves daarin geslaag om die span van Gansbaai met 38-32 te klop.

Die wedstryd, wat by tye geniepsige spel opgelewer het, was in ’n sterk wind gespeel.

Wellington het egter sy kanse in die eerste helfte goed benut en rustyd met 26-14 voorgeloop.

Drieë deur Pieter Brynhardt (haker), Marnus Hugo (skrumskakel), JW Meintjies (flank) en Julian Joubert (flank) het bygedra tot die halftyd-telling.

Ná rustyd het Black Leaves besluit om die krane oop te draai, maar Wellington se verdediging het sterk gestaan en hulle het hierop geantwoord met nog twee drieë deur die slot, Gerdus la Grange, en die agtsteman, Morné Coetzee.

In die laaste 5 minute van die wedstryd het Black Leaves 2 drieë gedruk, maar vir die manne van Gansbaai was die koeël reeds deur die kerk.

Vir Wellington het Pieter Brynhard ’n reuse wedstryd gehad.

Wellington II het met 20-10 geseëvier en Wellington III was met 14-5 baas.

Saterdag speel Wellington tuis teen Ceres.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za