Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel klop sterk Bellville-Tech

Pniel klop sterk Bellville-Tech
 
2008-05-15


PNIEL VILLAGERS het Saterdag ’n goeie oorwinning oor die sterk span van Bellville-Tech behaal toe hulle die besoekers met 20- 12 geklop het.

As daar in ag geneem word dat die tuisspan sonder die dienste van vier staatmakers moes klaarkom wie tans aan ’n toernooi in België deelneem, is die oorwinning nog meer merkwaardig.

Verskeie jong spelers wat die plekke van die staatmakers moes volstaan, het die geleentheid met albei hande aangegryp en ’n groot bydrae gelewer tot die sukses.

Hier moet die name genoem word van die skrumskakel, Edwin Meyer, wat in moeilike speeltoestande puik diens aan die losskakel, Bennie Williams, gelewer het. Williams kan ook tevrede voel met sy vertoning.

Albei vleuels van Pniel het min kanse op die aanval gekry, maar Gavin Petersen het telkemale die oog gevang met sy rotsvaste verdediging. Windty Windvogel het ook beïndruk met sy lakwerk.

Onder die voorspelers het die kaptein en agsteman, Carlo Carolissen, hard gewerk en goeie lynstaanballe vir sy span gewen. Hy is ook beloon met ’n drie.

’n Bron van groot kommer is egter die vasteskrums. Vir die grootste gedeelte van die wedstryd het die Bellville manne elke keer op Pniel se ingooi die skrum deur die 90 grade laat swaai met die gevolg dat besit afgestaan word. Harde werk lê vir die afrigter voor om hierdie probleem uit te stryk.

Reagan (Honda) Africa en Carolissen het Pniel se drieë gedruk met Windty Windvogel wat twee strafskoppe en twee doelskoppe oor die pale gejaag het.

Pniel speel Saterdag weg teen die onoorwonne Collegians op Westridge, Michels Plain.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za