Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SA kleure vir Blaauw

SA kleure vir Blaauw
 
2008-05-15

Jaco van Wyk

BEROEMDHEID wink vir die jong gholfspeler van die Paarl, Jacques Blaauw, na hy met sy spogvertonings in Zambië welverdiend beloon is met sy SA kleure.

As ’n lid van die SA span wat na die Afrika-land getoer het om teen 10 ander Afrika-lande mee te ding in die Zone 6 toernooi, het Blaauw en sy span as oorwinnaars uit die stryd getree.

Vroeër daardie week in Zambië het Blaauw reeds sy staal getoon toe hy aangewys is as die naaswenner van die Amateur-toernooi na hy in ’n uitspeelronde teen een van sy SA spanlede vasgeval het. Die wenner van die toernooi was Johan du Baisson.

Die prestasies volg kort na die 22- jarige Blaauw reeds vanjaar die SA Amateur houespel-kampioenskap- pe in die Paarl, die SA Putjiespel-toer- nooi vir Amateurs in Durban asook die Bolandse Geslote kampioenskappe op Worcester verower het.

Vir Blaauw is dié bus egter nog ver van sy stilhouplek af, want Saterdag het die oud-Gimmie sy tasse gepak vir ’n besoek aan Europa.

“Dinge is maar bedrywig op die oomblik, maar ek sien baie uit na die toernooie in Europa aangesien dit vir my ’n geleentheid bied om ondervinding op te doen op hulle bane,” sê Blaauw.

Blaauw is tans in Engeland waar hy môre gaan meeding om die Barbazon trophy in die Engelse Houespel- toernooi. Hierna vertrek hy na Parys waar hy weer vir die SA 4-man-span in ’n toets teen Frankryk in aksie gaan wees vanaf 28 tot 30 Mei. Die dag daarna is Blaauw weer in aksie in die Franse Amateur- toernooi.

Vanaf 7 tot 22 Junie speel Blaauw in Skotland in die Links-trofee op St Andrews, gevolg deur die Britse Amateur-toernooi op Turnberry.

Sy laaste toernooi vind plaas vanaf 23 tot 25 Mei wanneer hy in die Walliese Amateur Ope gaan deelneem.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za