Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimmie reik na wolke

Gimmie reik na wolke
 
2008-05-15

Jaco van Wyk

SY het verlede jaar in November vir die eerste keer paalspring begin beoefen en vandag is die 15-jarige Taahirah Kozain die SA o.18 dames paalspring-kampioen.

Taahirah was maar 14 toe sy by die Paarl Paalspring-akademie aangesluit het om, onder die afrigting van Louis Nienhaber, die aanskoulike item te begin beoefen.

“Een van my vriendinne het begin paalspring en toe eendag vir my gesê ek moet saam met haar gaan oefen,” sê die donkerkop atleet.

Die graad 10-leerder van Hoërskool Gimnasium kon haarself nog skaars ’n paalspring-atleet noem, of sy het die een byeenkoms na die ander begin wen.

Taahirah se eerste groot wen het gekom by die Ses-hoekige byeenkoms wat op Coetzenburg aangebied was. Daarna het sy ook goud verwerf in die meisies o.15 Paalspring-item by die Boland- kampioenskappe wat op Daljosafat plaasgevind het, asook by die Wes-Kaap kampioenskappe wat in Bellville gehou is.

Na sy ook die eerste plek behaal het vir dogters o.15 by die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe wat by Rustenburg gehou is, het atletiek SA haar genader om by die Yellow Pages-atletiekbyeen- koms in Pretoria (SA Jeug- en Junior-kampioenskappe) deel te neem.

Die doel van die uitnodiging was nie so seer om vir Taahirah te sien wen nie, maar eerder om vir haar op ’n jong ouderdom reeds blootstelling op ’n hoër vlak te gee aangesien atlete by die byeenkoms net op o.18 en o.20 vlak kan meeding.

Toe reeds ’n week lank 15 jaar oud, het Taahirah besluit dat sy net haar beste gaan gee. Toe sy haarself weer kom kry, was sy gekroon as die SA o.18 dames paalspringkampioen na sy die item met ’n sprong van 3m gewen het.

“Ek het baie trots gevoel om teen die ouer atlete mee te ding en om bietjie ervaring op te doen,” sê Taahirah.

Vir die jong Paarliet, wat ook geniet om tennis te speel, is dit egter net lekker om te kan deel neem.

“Maar dit is ook lekker om te wen en ek geniet die kompetisie wat met die sport gepaard gaan.”

Wat die toekoms vir Taahirah inhou, is die Gimmie beslis nie van plan om haar talent binnekort op te hou uitleef nie.

“Ek geniet paalspring baie en beoog om nog lank deel te neem,” sê Taahirah.

“As ek aanhou hard oefen, hoop ek om miskien in 2016 by die Olimpiese spele deel te neem.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za