Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Staatsmotor se bestuurder krap ander om

Staatsmotor se bestuurder krap ander om
 
2008-05-22


EK is so ontsteld oor die houding van ’n man in ’n staatsmotor “vloot” Dinsdagoggend, 20 Mei in Hospitaalstraat, Paarl.

Dié oggend om 7:34 staan die motors seker van die een verkeerslig tot by die ander.

Hy staan voor die indraai na die eerste straat regs. Die motor voor hom ry vorentoe sodat hy ook kan ry. Ek kon dan draai sodat die motors agter my kan ry.

Maar nee, meneer sit. Beleefd probeer ek toe maar sy aandag trek om vir hom aan te dui dat hy asseblief net bietjie vorentoe moet ry. Dan kan ek agter hom verbykom sodat die verkeer kan vloei.

Toe ek uiteindelik sy aandag kry, het hy eenvoudig net vorentoe bly kyk. Die uitdrukking Fin sy oë was egter een van pure veragting en haat.

Eers toe die motors agter my begin toeter druk en ook vir die man begin beduie om vorentoe te ry - toe beweeg hy.

Wat het geword van hoflikheid? Meneer, as jy in die Paarl bly, trek tog weg - ons het jou houding nie nodig nie. As mense met so ’n houding op die pad gaan, is dit geen wonder dat daar soveel ongelukke is nie.

As hy met so ’n houding na sy werkplek gaan, is dit geen wonder dat mense mekaar eenvoudig uitmoor nie.

Meneer, ek het jou niks gemaak nie. Ek ken jou nie. Ek sou graag wou weet of jy vanoggend ná die voorval lekker in jou gemoed voel. Jy het beslis my dag omgekrap. Maar ek sal vir jou bid, want jy het dit nodig. Ontsteld




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za