Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Inwoners ontevrede oor kaart en transport

Inwoners ontevrede oor kaart en transport
 
2008-05-22


DIE inwoners van Hillside in Paarl-Oos is ontstoke oor hul kaart en transport wat nog nie afgehandel is nadat hulle reeds 2001 in die huise ingetrek het nie.

Die wyksraadlid hier, Cynthia Philander, het blykbaar verlede jaar tydens ’n vergadering belowe dat die kaart en transport so gou as moontlik afgehandel sal word.

“Tot dusver het nog niks gebeur nie. Die huise is op ons name, maar dit behoort nog nie aan ons nie. Ons kan ook geensins aanbou of verbetering aanbring aan ons huise nie, want op papier is dit nie ons eiendom nie,” sê ’n baie ontevrede inwoner.

Sondag was daar weer ’n gemeenskapsvergadering in Hillside en Philander het aan die inwoners belowe dat sy sou terugkom na die gemeenskap en dan rapporteer oor die finale besluit rakende die kaart en transport.

Volgens die kommunikasiebeampte van die munisipaliteit, Anthony Sauls, het die grond voorheen aan Provinsie behoort en is dit intussen oorgedra aan Drakenstein Munisipaliteit.

“Volgens die oordragprokureurs sal die oordragte van die uitstaande wonings (665) oor ongeveer agt weke ’n aanvang neem.

“Die gevalle waar die begunstigdes intussen oorlede is of partye geskei het, sal die eiendomme-afdeling en die behuisingsprojekte-afdeling hierdie gevalle met die oordragprokureurs op ’n latere stadium hanteer,” aldus Sauls.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za