Voetgangers sterf langs Hermon-pad
2008-05-22
DIE Wellington polisie is op soek na die eienaar van ’n Toyota bakkie, nadat ’n man op die Hermon-pad doodgery is. ’n Voetganger het Sondagaand op die liggaam van Simpiwe Penxa (30) afgekom langs die pad naby De Rust-plaas. Hy is vermoedelik deur ’n voertuig dood- gery, waarna die bestuurder weggejaag het. Die linkerkantse spieël van ’n Toyota-bakkie is op die toneel gevind. Enigiemand met inligting kan insp Kernin Philander skakel by 082-498-6109. ’n Sestienjarige meisie van Tulbagh het Saterdag ook haar lewe op dié pad verloor. Hannelie Jacobs het vir die dag met vrien- de in Wellington gekuier. Hulle het later die dag duimgegooi terug na Tulbagh. Terwyl haar vriende hulself tussen die bosse gaan verlig het, het hulle ’n slag gehoor. Jacobs is langs die pad deur ’n voertuig doodgery. ’n Woordvoerder van die verkeersowerhede het gesê dat voetgangers uiters versigtig moet wees langs die paaie. Hy moedig hulle aan om altyd helderkleurige drag aan te trek en om snags afgeleë paaie te vermy. *Pedestrians were killed on the Hermon Road.
More
News
|