Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Versigtig vir weerlig

Versigtig vir weerlig
 
2008-05-22

Lise Beyers

DIE vreemde, warm weer wat vroeg vandeesweek geheers het en uiteindelik tot donderweer en weerlig gelei het, was nie sonder voorval nie.

Behalwe die feit dat talle honde Maandagaand begin tjank het, en kinders vreesbevange in hul ouers se beddens skuiling gesoek het, het ’n huis op Onverwacht Landgoed by Wellington, Dinsdag byna in vlam- me ontplof, toe sy dak deur ’n weerligstraal getref is.

Andersins as die noordelike dele van die land waar sulke weer in die somermaande algemeen is, is donderweer en blits maar skaars in die Boland, en min is voorbereid hierop.

Toe die weer Dinsdag weereens sy stem begin dik maak het, het ’n weerligstraal die rietdak van ’n huis by Onverwacht getref.

Die riet het aan die binnekant begin smeul en smeulende kooltjies het op ’n sponsmatras geval.

’n Buurvrou, Jo Bennet, het gesien dat daar rook uit die huis se dak trek, en sy het gaan vasstel of sy kan help.

Die brandweer is in kennis gestel, maar daar was ’n effense vertraging, want hulle het die pad gevat na Onverwacht-plaas in die Bovlei, voordat hulle teruggeroep is na Onverwacht Landgoed.

Die smeulende brand is vinnig geblus, maar die woning het heelwat water- en rookskade opgedoen.

Volgens deskundiges is ’n mens se kans om deur weerlig getref te word om en by 570 000 uit een. Om gedood te word deur weerlig, is 2 320 000 uit een.

’n Mens het dus ’n baie beter kans om deur ’n bus doodgery te word, en in die geval van dié land, deur ’n rower doodgeskiet te word.

Daar is veiligheidsmaatreëls wat getref kan word wanneer die donderwolke nadertrek.

Indien binne, vermy vensters en deure en bly beslis weg van water, want dit is ’n wonderlike geleier van elektrisiteit.

Ontkoppel elektriese toerusting soos die rekenaar en televisie, want dit kan deur weerlig verniel word. Moet ook geen oproepe maak van die telefoon of jou selfoon nie.

Indien buite, moet beslis nie onder ’n boom gaan skuiling soek nie, want bome word deur blitse getref.

En in die geval van rietdakhuise, kan weerligafleiers opgerig word, wat die weerlig sal verhoed om deur die dak te kom - soos in die geval van Onverwacht.

En al is ons in ’n gebied waar die weerlig onbekend is, moet ons steeds op ons hoede wees wanneer die onverwagse ligstrale uit die hemele begin slaan.

* A house in Wellington was struck by lightning on Tuesday.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za