Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel Villagers afgestof

Pniel Villagers afgestof
 
2008-05-22


IN ’n aanskoulike wedstryd te Mitchellsplein het die onoorwonne Collegians maklik met 43-27 klaargespeel met Pniel Villagers.

Na Villagers reeds in die tweede minuut van die wedstryd met 7-0 voor was, wou dit voorkom asof hulle vir ’n verrassing sou sorg.

Met die tuisspan wat net hierna begin aanval het met hul jeugdige agterlyn was dit nie lank nie of die telling was gelyk.

Die manne het halftyd gaan water drink met die telling op 17- 10 in die tuisspan se guns.

Ná rustyd het die tuisspan ’n verdere drie doelskoppe en ’n drie aangeteken.

Pniel se probleme het egter reeds in die dertigste minuut van die eerste helfte begin toe die haker, Fernando Adams, die veld met ’n kniebesering moes verlaat. Die plaasvervanger-haker, Rudi Blouw, het ’n nagmerrie-wed- stryd beleef aangesien hy nie sy springers kon vind nie.

Die tuisspan het, met hul beweeglike pak, van elke moontlike geleentheid gebruik gemaak om die bal na die punte te speel wat dit vir die voorspelers van Pniel moeilik gemaak het om al die gate toe te stop. Vir Pniel het Ralton Williams egter goed gespeel.

Pniel se drieë is gedruk deur Fernando Adams, Gavin Petersen en Angelo Nelson. Windty Windvogel het met twee strafdoele en drie doelskoppe geslaag.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za