Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere vind steeds nie voete

Tiere vind steeds nie voete
 
2008-05-22


YOUNG PEOPLES sukkel steeds om hul voete te vind in die klipharde Superliga B-kompetisie.

Peoples het Saterdag op Daljosafat in die laaste 10 minute van die wedstryd met 15-24 verloor teen Bellville-Tech.

Peoples het vroeg in die wedstryd met 3-0 voorgeloop ná ’n strafdoel deur Dominique Daniels. Bellville-Tech het egter vinnig teruggeveg met ’n drie om met 7-3 voor te loop.

Ná ’n pragtige agterlynbeweging het Peoples se Sam Titus onder die pale gaan druk om die rustydtelling 10-7 te maak.

Kort na rustyd is Titus weer oor die doellyn om die Tiere met 15-7 te laat voorloop.

Na 20 minute se spel in die tweede helfte het Peoples albei hul voorrye verloor deur beserings wat toegelaat het dat Bellville-Tech beheer oor die wedstryd kon kry. Kort hierna het Peoples se damwal gebars.

Die besoekers se swaar voorspelers het Peoples se voorspelers ingetrek en Bellville-Tech se vleuel het gaan druk.

Hierna is Peoples se kaptein, Barry Williams, van die veld gestuur. Bellville-Tech het die geleentheid goed benut en onder die pale gaan druk om die Tiere met 24-15 te klop.

Peoples II het met 8-17 verloor en Peoples III het met 12-17 verloor.

Peoples speel Saterdag weg teen Strand-United. Busgeld beloop R20 en vertrek om 10:30 uit Groenheuwel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za