Roses klop kampioen
2008-05-22
ROSES UNITED het Saterdag die huidige kampioen in die Boland Premierliga, Rawsonville, op laasgenoemde se tuisveld met 34- 10 verslaan. Die rustydtelling was 17-5 in die guns van Roses United. Die Rose se agttal het weer die basis verskaf vir die oorwinning. Voorlangs het Johan Visser beďndruk met sy goeie dryfmale terwyl Goodman Moses ook goud werd was vir die Rose in die lynstane. Agterlangs het Lindile Skota gewys dat hy nie maklik sy plek in Roses se beginspan gaan afstaan nie. Die eerste helfte was heeltemal oorheers deur Roses United. Die rustydtelling kon ook baie hoër gewees het as die Rose nie soveel hanteerfoute gemaak het nie. Alhoewel Cornel Hendricks en Enrico Nortje beide twee drieë vir die Rose gaan druk het, was dit die drie van Jacquin Jansen wat die Rose se toeskouers in ekstase gehad het. Jansen se drie is gedruk nadat die Rose uit hul eie kwartgebied begin het met ’n teenaanval. Na die drie was die skrif teen die muur vir die manne van Rawsonville.
More
News
|