Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sundowns troef Newtons Sokkerklub

Sundowns troef Newtons Sokkerklub
 
2008-05-22


IN ’n taai sokkerwedstryd wat oor die naweek in Mbekweni beslis is, het Mbekweni Sundowns vir Newtons met 3-2 geklop.

Sundowns het eerste gedoel waarna Ricardo Petersen van Newtons die telling gelykop gemaak het net voor die omdraaislag van die wedstryd.

In die tweede helfte het Sundowns verwoed aangeval.

Hulle is beloon met ’n strafskop toe Keith Hendricks van Newtons die bal in sy eie doelgebied hanteer het.

Sundowns se doelskop was suksesvol waarna Newtons se verdedigers en middelveldspelers konsentrasie verloor het weens swak beslissings van die skeidsregter.

Gevolglik het Sundowns ’n derde doel aangeteken.

Kort voor die einde van die wedstryd het Charles Daniels ’n doel vir Newtons aangeteken om die eindtelling tot 3-2, in die guns van Sundowns, te bring.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za