Newtons verniel Wolseley
2008-05-22
NEWTONS, tans die voorlopers in sy liga, het Saterdag op Newton Park die naas-voorlopers, Wolseley, met uitstekende hardlooprugby behoorlik laat les opsê. Die eindtelling van 52-20, wat agt drieë insluit, toon duidelik Newtons se oorheersing in alle afdelings van die wedstryd. Sulke ondernemende spel is lanklaas gesien en as die spelers teen dié pas kan volhou, kan die klub weer velde vol toeskouers lok. Die tipe spel het ook veroorsaak dat die besoekers net nie al die gate kon toestop nie. Newtons het met die oorwinning sy top posisie in sy liga verstewig. Newtons se driedrukkers was Alshaun Bock, Devon van Wyk (2), Les Johannes, Christopher Petersen, Eslin Snyders, Irvin Williams en Hyco Jacobs. Jacquin Ruthford het met 2 doelskoppe geslaag terwyl Williams suksesvol was met 2 strafdoele. Saterdag speel Newtons tuis teen Rawsonville United.
More
News
|