Kry moed in die kloue van dwelms
2008-05-22
IN elke gesin is daar beslis niemand wat vandag kan beweer dat hy/sy nie weet of direk geraak word deur die vernietigende gevolge van alkohol en dwelmafhanklikheid nie. Hierdie euwel is besig om soos ’n rysmiernes regdeur die gemeenskap te werk en dikwels word mense oorval uit onkunde of beskik nie altyd oor die nodige inligting nie. Dan is dit algemeen om te hoop dit gaan vanself weg, dat dit jou en jou gesin nie sal raak nie of anders draai jy om en kyk die ander pad. Die Oasis Tikkamer van AME-Kerk onder leiding van pastoor Keith Links het in Maart verlede jaar die inisiatief geneem om ’n gebedsaksie elke Dinsdag- en Donderdagoggend te begin. Hier draai niemand om en kyk weg nie, maar is reeds talle manne, vroue, substansafhanklikes en ander bemoedig deur die boodskap van hoop, redding en verlossing. ’n Verdere inisiatief om inligting en hierdie boodskap van hoop en redding verder uit te dra dwarsoor die Vallei, was om ’n konferensie elke aand vanaf 19:00 hierdie week. Een van die hoogtepunte hierdie week is die damestee wat aangebied word op Saterdag om veral die vroue en moeders in die gemeenskap te bemoedig en te bederf. Skakel Sarita Oosthuizen by 021-8725244 of 084-5570818.
More
News
|