Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom ons praat oor tering

Kom ons praat oor tering
 
2008-05-22


DIE Sagtevrugteprodusentevereniging in die Paarl het verlede week ’n projek, Nyanisa - Lets talk about TB, geloods in Mbekweni vir plaaswerkers regoor die land.

Die doelwit van die projek is om die impak van TB-verwante kwale by plaaswerkers tot die minimum te beperk ten einde maksimum produktiwiteit te verseker.

Dit is ’n gekombineerde poging tussen die Sagtevrugtebedryf en Procare, ’n praktyk van sosiale werkers wat spesialiseer in toneelspel as onderrigmedium.

Procare het die bekende akteur en regisseur, Albert Maritz, genader.

Hy het ’n spesiale produksie geskryf en geredigeer om ’n boodskap van hulp en hoop uit te dra, van die werklikheid van simptome, verspreiding, die pyn van stigma, tot die verwantskap tussen tering en Vigs.

Gedurende die implementering van die Nyanisa MIV/Vigs program in 2004, het produsente en plaaswerkers die behoefte vir ’n TB-inligtingsprogram uitgespreek.

Dit het meegebring dat die Vrugteprodusente besluit het om ’n bydrae te lewer om sodoende die lewenskwaliteit van hul arbeidsmag te verbeter.

Alhoewel enigiemand Tuberkulose kan opdoen, is dit gewoonlik diegene met ’n swakker immuunsisteem wat siek word.

Die Sagtevrugtebedryf het besluit om in te gryp en gevolglik is die projek “Nyanisa – Lets talk TB” geïmplementeer.

Die program skep ’n bewustheid van TB-simptome en fokus op die belangrikheid van korrekte en gereelde mediese behandeling.

Deur middel van hierdie projek het vrugteprodusente hul verantwoordelikheid teenoor die breër publiek erken deur die versekering te gee dat hul die sagtevrugte landbou-industrie ingelig sal hou aangaande HIV/Vigs en TB­gesondheidsfaktore.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za