Peco ryg medaljes in
2008-05-22
DRIE fietsryers van Peco fietsryklub in die Paarl, Bradwin Daniels, Natasha Marang en Brent van Rooyen, spog met die prestasie dat hulle tydens die Suid-Afrikaanse Baankampioenskappe gesamentlik 10 medaljes verower het. Met hierdie prestasie het Peco al die klubs in die Boland uitgestof en ook die tweede meeste medaljes in die Westelike Provinsie ingeryg. Bradwin het tydens die kampioenskappe ’n goue medalje in die 1500m, silwer in die puntewedren oor 10km, en brons in die 500m tydtoets vir o.14’s ingepalm. Bradwin het ook die afgelope Somer-Liga Padwedrenne van die WP oorheers waar hy dit onoorwonne afgesluit het. Volgens Bradwin is hy, saam met sy klubmaats, baie hard aan die oefen waar hy mik na hoër hoogtes in fietsry. “My groot droom is om eendag die toppunt van fietsry te bereik en om eendag dalk my land oorsee te verteenwoordig.” Natasha het tydens die SA Baankampioenskappe ’n uitsonderlike prestasie behaal deur opgeneem te word in die SA junior damesspan wat gedurende Julie-maand aan die Węreldkampioenskappe gaan deelneem. Natasha is die eerste junior dame van kleur wat hierdie besondere prestasie behaal. Natasha het ook 5 medaljes tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Port Elizabeth ver- ower. Volgens Natasha is dit somtyds moeilik om teen seuns te kompeteer tydens oefeninge en wedrenne. “Ek sien dit egter as ’n uitdaging om teen die seuns te oefen en ek raak veral opgewonde as ek hulle baie kere tydens wedrenne uitstof,” skerts dié talentvolle, jong fietsryer. Brent het tydens die afgelope SA fietsry-kampioenskappe vriend en vyand verras met sy 2 brons medaljes in die o.14 afdeling. Brent het ook in die afgelope somer padliga van die WP algeheel ’n derde posisie behaal. Volgens Brent is sy sukses te danke aan harde oefening en droom hy om eendag sy land te verteenwoordig.
More
News
|