Skenk 'n kombers en maak 'n hart warm
2008-05-22
DIE winter se tande het reeds begin byt, en vir die talle minderbevoorregte inwoners van dié gebied, lê daar donker maan- de voor. Maar daar is wel lig aan die einde van die tonnel vir bejaardes van Silwerkruin ouetehuis en die wesies van Bowy House. Hierdie naweek trek motorfiets-entoesiaste van oral oor in die Paarl bymekaar, om komberse in te samel. Beter bekend as die Blanket-run, trek dit jaarliks honderde motorfietse om liefdadigheid in die Drakenstein-streek te bevorder. Verlede jaar is altesame 742 komberse ingesamel en organiseerders mik vir ’n rekordgetal van 1000 vanjaar. Sondag kom die motorfietsryers by die Paarl Mall byeen, en om 10:00 vertrek hulle na Mayerskraal waar ’n smaaklike buffet- ontbyt op die ryers sal wag. Kleiner motorfietse en bromponies vertrek vanaf Van der Poelsplein in Noorder- Paarl. Die dag sal ook vol pret wees vir die hele gesin, en ’n karaoke-kompetisie sal plaasvind vir musiekliefhebbers. Eienaars van veteraanmotors word aangemoedig om aan te sluit by die motorfietsryers vir die dag se verrigtinge. Almal is baie welkom en toegangsfooie is een kombers of R40 per persoon. Kinders onder 12 gratis. Die ontbyt is R35 per persoon. Vir navrae, skakel Esri by 072-634- 1095 of Susan by 021-863-0128
More
News
|