Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim weer oorwinnaars

Gim weer oorwinnaars
 
2008-05-22

Jaco van Wyk

HOËRSKOOL GIMNASIUM het Saterdag hard geswoeg om ’n oorwinning oor Hoër Landbouskool Boland te behaal op eersgenoemde se tuisveld. Die Gimmies was met 17-0 baas.

Die manne in swart het duidelik verlede week hard aan hul verdediging geskaaf ná hulle verlede Saterdag lelik tweede gekom het teen Bishops.

Gim se drieë is gedruk deur JR Esterhuizen (vleuel), JC Julian (haker) en Jacquin Rogers (flank).

Op Stellenbosch het HJS vroeg in die wedstryd reeds met 14-0 voorgeloop in wat wou lyk na ’n sekere oorwinning vir die Paarliete oor Paul Roos.

Die Stellenbossers het egter nie net teruggeveg nie, maar sommer ook totaal beheer oor die wedstryd verkry om uiteindelik vir HJS met 42-29 te klop.

HJS se drieë is gedruk deur Quinton Botha (vleuel, 2), Reniel Hugo (slot), Dylan Petersen (losskakel) en Johan Smit (vleuel).

In ’n wedstryd teen Worcester Gimnasium het dit weereens gelyk of Hoërskool Hugenote vanjaar saam met die groot honde kan gesels.

Hugenote het vir Gim ’n behoorlike rugbyles geleer deur hulle met 54-0 te verneder.

Goeie verdediging en goeie ondersteuning was op die ou-einde die wenresep vir die manne van Wellington.

Labori het in sy wedstryd teen President self nie te waffers gevaar nie om met 32-15 te wen.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za