Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moenie dat omstandighede jou vasvang nie

Moenie dat omstandighede jou vasvang nie
 
2008-05-22

May Saal

“MOENIE dat omstandighede jou vasvang nie. Moenie dat omstandighede vir jou bepaal waarnatoe jy op pad is nie. Hier is baie geleenthede, jy moet dit net gryp en hard werk,” bemoedig die jong Paarliet, Landi Groenewald, jongmense aan.

Landi is ’n dramastudent aan die Universiteit van Stellenbosch en het onlangs die rol as Ophelia gespeel in die Shakespeare drama, Hamlet, wat in die HB Thomteater opgevoer is.

Sy was een van vele dramastudente wat oudisies gedoen het vir ’n rol in die drama.

“Ek was in ekstase, want dit is ook goeie blootstelling vir my as dramastudent.

“Die akteur Ralph Lawson wie die regie behartig het, het my die meeste met my rolspeel gehelp.

“Dit was vir my die mees betekenisvolle ding in die hele drama om deur iemand soos Ralph gehelp te kon word,” sê Landi.

Sy spreek haar ook sterk uit oor haar teenkanting van “social comformers”.

“Dit beteken nie ek gaan teen tradisie nie. Ek respekteer nog steeds tradisie, want dit gee jou leiding.

“Maar jy moet ook trots vind in jou individualiteit en sterk punte en dit ten volle gebruik.

“Ons as jongmense moet meer ontdek en lateraal dink,” beklemtoon Landi sterk.

Tans is Landi ’n derde jaar dramastudent en gaan volgende jaar haar honeursgraad doen en sê sy wil haar meestersgraad ook nog doen.

Oor die toekoms sê Landi wil sy aanbieding doen in televisie of radio, veral agter die skerm werk doen.

Sy verklap dat sy deur ’n agentskap gekontak is, “maar ek mag huidiglik niks daaroor praat nie.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za