New Orleans Sekondêr leer wonders van wetenskap
2008-05-22
NEW ORLEANS Sekondêr het onlangs ’n wetenskap week aangebied vir leerders waar talle eregaste genooi was om die kinders toe te spreek en interessante wetenskapeksperimente uit te voer. Vanjaar was die tema ‘Wetenskap en tegnologie in die hande van die jeug’. Die tema was gepas omdat daar tans nasionaal ’n groot vaardigheidstekort aan bevoegde wetenskaplikes is en dié blootstelling aan wetenskap kan moontlik toekomstige wetenskaplikes uit plaaslike skole lok. Leerlinge het aan die lippe van dr Gillian Arendse van Universiteit Stellenbosch gehang en sy hoogs humoristiese benadering tot wetenskap was soos ’n kulkunsoptrede vir die gehoor uitgevoer. Freddy May, onderwyser en organiseerder van die Wetenskapweek by New Orleans Sekondêr, sê: “Die leerlinge het baie geleer by die verskillende sprekers en die hul belangstelling in wetenskap was baie aangewakker.” Weens die kragtekorte landswyd, het baie van die kinders self met oplossings vorendag probeer kom en is hul idees vir die publiek in die skoolsaal tentoongestel. * New Orleans Secondary School was the venue for a successful Science Week.
More
News
|