Skool vier herdenking
2008-05-22
ALLE oud-leerders, onderwysers en ouers word uitgenooi na die 55ste herdenkingsdans van Hoërskool Noorder-Paarl Saterdag 31 Mei om 18:00 in die BoBergsaal. Peter de Villiers sal die spreker wees en die Elginairs van Grabouw sal die musiek verskaf. Die kaartjies (R150) sluit in ’n kaas-en-wyn-voorprogram, gevolg deur ’n driegangmaaltyd. Die kaartjies is beskikbaar by Alvyra Goetham by 021-872-7016 of Julian Wang by 076169-3175.
More
News
|