Vroue kan vry en sappig leef
2008-05-22
BRING jou vyfster-hartsvroue en kom skitter saam by Nelson’s Creek Wynlandgoed na- by die Paarl Saterdagoggend, 7 Junie vanaf 9:30 tot 13:00 na die triomfantelike tema “Sappige vroue hét ster-status”. Kom tamboer baldadig saam met The Drum Café alle stres weg. Elsabe Aldrich gaan opkikkerdinge gesels plus bekendstelling van Jeannen Els se splinternuwe, moetleesboek Ligdans. Dit handel oor die geveg teen die swart hond-depressie. Kom luister self na Jeanne Els, Danie Niehaus, Amoré Bekker en Deirdre Barnard-Visser. Die befaamde Kraaie van Wilgenhof is ook daar. ’n Smaaklike ete word deur die ervare Retha Rix voorberei en stalletjies sal kreun (sappige vroue koop hul Kersgeskenke reeds in Junie). Jy kan aantrek net wat jy wil, maar iewers moet ’n ster wees, want daar is ’n prys vir die flonkerendste uitrusting. Koste is R250 per persoon. Kaartjiegeld gaan dié keer ten bate van die rehabilitasie van TIK- en ander dwelmverslaafdes in die Wes-Kaap. Navrae by Marianna van Niekerk by 083-302-5612 of e-pos custadm@mweb.co.za
More
News
|