Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek en poppekas by die die Meul

Musiek en poppekas by die die Meul
 
2008-05-22


DAAR is musiek en poppe en alle lekkertes op die spyskaart van die Ou Meul-teater in die Paarl.

More om 20:00 tree die 17-jarige identiese tweeling, Leandi en Lelani onder die naam Take 2 op. Musiekregisseur, Theo Crous (van Kobus en Springbok Nude Girls) het hulle by ’n vertoning in 2006 raakgesien en was so beindruk met hulle gemak op die verhoog, stylvolle-pret aanslag en ooglopende talent, dat hy aangebied het om hulle debuut CD Doem Doem Doem te vervaardig.

’n Hoogtepunt in die tweeling se loopbaan tot dusver was in 2001 toe hulle saam met verskeie ander jong kunstenaars ’n CD ten bate van Vigs-wesies “In Remembrance of Nkosi Johnson” uitgereik het. Take 2 het by hierdie geleentheid voor ongeveer 3 500 mense opgetree.

Kaartjies is R35.

Saterdag om 20:00 bring die lewendige orkes Sultans of Swing ’n huldeblyk aan Dire Straits, met liedjies wat so na moontlik aan die oorspronklike materiaal opgevoer word.

Die orkes word gelei deur Guy Feldman, wie nie net ongelooflik baie na Mark Knopfler (kitaarspeler. sanger/liedjieskrywer) lyk nie, maar dit ook regkry om die essensie van Knopfler se kitaarklank en sangstyl vas te vang.

Tim Yarnold komplimenteer op klawerbord en agtergrondsang, Duncan Combe op ritmiese kitaar, saxofoon en agtergrondsang, Aldert du Toit op baskitaar en agtergrondsang en Willem Prinsloo op dromme, elkeen ’n spesialis op hul verskeie instrumente, met jare se ondervinding tot hulle voordeel.

Kaartjies is R100.

Saterdag 31 Mei om 10:00 is Mienkie en die Bosdwerg op die verhoog vir die kleinspan.

Mienkie en haar oupa woon op die rand van ’n groot bos. Hierdie bos is vol wonderbaarlike diere en kreature.

Toe Oupa eendag nie uit die bos uit terugkom nie, moes klein Mienkie en haar nuwe vriendin haar oupa gaan soek. Dit is hier waar haar avontuur begin om haar oupa uiteindelik te bevry.

Kom deel in Mienkie se avontuurlike verhaal in hierdie oulike poppe-karakters propvol heerlike aksie.

Geskik vir kinders van die ouderdom 3 tot 9 jaar, tydsduur 40 minute. Kaartjies is R35.

Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za