DIE Paarlse Sakekamer hou op Dinsdag 10 Junie, om 19:00, sy jaarvergadering en dinee.
Dit word by die Laborie Restaurant op die Laborie Landgoed in Suider-Paarl gehou en slegs 100 gaste kan toegelaat word.
Christo Wiese, voorsitter van Pepkor Bpk en Shoprite Holdings, sal as spreker optree.
Die koste beloop R125 vir ’n driegang- maaltyd waarby wyn ingesluit is.
Belangstellendes kan Elma Brand voor 3 Junie by 021-863-0397 skakel vir besprekings.
Die drag is baadjie met das en daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees.