Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waarheen nou vir die ou mense?

Waarheen nou vir die ou mense?
 
2008-05-29


DIT is met skok en wanhoop dat ons die artikel van verlede week se voorblad van Paarl Post gelees het.

Dit is regtig vir ons oumense van Noorder-Paarl belaglik. Eers maak hulle Wynland- Apteek hier in Noorder-Paarl se deure toe en nou is dit Dis­Chem in die dorp.

Ons pensionarisse het skaars geld vir brood, nou moet ons R10 betaal vir aflewering vanaf die Mall.

Ons het ’n ACVV- bus­sie wat weekliks dorp toe gaan en sodoende kon ons dingetjies in die dorp doen, nou is dit kilometers na ’n bekostigbare apteek.

Ag nee man! Kan ’n mens nie ’n apteek open in die leë perseel langs Foodzone kafee (voorheen Fanie Malan) nie?

Ons oumensies sal dit regtig waardeer indien iemand vir ons ’n oplossing vir hierdie probleem kan kry.

Moedeloos, Noorder-Paarl

Dis-Chem antwoord:

Die ellende van die middedorp soos beskryf in die Paarl Post kom al ’n geruime tyd aan.

Dis-Chem voel ook moedeloos met die situasie. Aan die positiewe kant het ons ’n gratis afleweringsdiens in die dorp.

Hierdie diens is nog ’n besparing bo en behalwe Dis­Chem se lae pryse en wye produkreeks.

Kevin Sterling




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za