Hierdie verkeerslig is wel beslis gevaarlik
2005-06-30
EK wil graag reageer op die klagte van Isobel Jansen van Vuuren van 15 Junie oor “Verkeerslig bly stukkend”.
Op 9 Junie, om 07:30 het ek juis by daardie verkeerslig die pad wou oorsteek. Ek het van die suidekant af oor die eerste helfte van Markstraat gestap.
Op die middelmannetjie het ek tot stilstand gekom en gekyk dat die verkeerslig vir my was.
Net toe ek wou aftree van die middelmannetjie, kyk ek links om seker te maak dat die motoriste wat in Hoofstraat afkom, oplet dat ek mag stap, maar dieselfde oomblik kom daar ‘n motor deur die verkeerslig en tref my dat ek doer trek en val.
Terwyl ek nie ernstige beserings opgedoen het nie, het ek erg seergekry en was vir twee weke af van my werk met harsingskudding en veelvuldige, erge kneusing en snye aan my linkerkant af - gesig, kop, bobeen, ribbes en skouer.
So, wil ek net opmerk, daar is nou al iemand beseer, nog net nie doodgery nie!
Miskien sal iemand nou die probleem aanspreek.
Lorraine Burger
More
News
|