Dans. Die Boeremusiekgilde hou ’n dans môre om 20:00 by Laerskool Noord-Eind in die Paarl met die orkes van Janties Kruger. Kaartjies is R20 lede en R30 nie-lede. Skakel Ciceel Wentzel by 083-346-7083.
Bodies politic. ’n Nuwe roman deur Michiel Heyns is opwindende nuus en so is dit ook gesteld met sy nuutste, “Bodies politic”. Hy sal Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel op Stellenbosch wees om oor hierdie merkwaardige roman van hom te gesels. Skakel 021-882-9100.
Tydskrifuitverkoping. Die jaarlikse gewilde tydskrifuitverkoping by die Meulstraatbiblioteek begin 2 Junie om 09:00. Bykans 100 tydskriftitels van 2007 word verkoop teen ’n kwart van die gewone prys. Wie eerste kom, kry die tydskrifte van hulle keuse eerste.
Boekpraatjies. Jaco Kirsten, bekend vir sy rubriek “Aan alle kante” in die Burger, praat met bekende skrywer, Emile Joubert, oor sy stories by die Breytenbach-sentrum 4 Junie om 19:00. Kaartjies is R60 en sluit sop in.
Walkabout. Saturday 7 June at 10:30 the Friends of the Iziko Michaelis Art Collection will host a walkabout led by Mary van Blommestein at the historic Irma Stern Museum in Cecil Rd, Rosebank. The event costs R10 and booking is not required. Call Lila Komnick at 021-403-2123.
Art exhibition. An exhibition featuring artworks in postcard format, all at R450, opens at Off the Wall Contemporary, the art gallery in 171 Main Street, Paarl, on Wednesday 4 June. The exhibition closes on Friday 27 June when it moves to Lourensford Estate in Somerset West. For more information regarding the exhibition, e-mail info@ offthewallcontemporary.co.za or call Wendy at 082-8119670.
Skryfkursus.Marianna Brandt, kinderboekskrywer, bied ’n kursus aan vir aspirant-skrywers by die Breytenbach-sentrum van 11 tot 13 Junie van 09:00 tot 16:00. Koste is R2 500. Skakel Mariana Brand by 021-949-6616.
Gala dinner. The Cape Town Book Fair and Project Literacy have joined forces to host a Gala Dinner on 13 June at the Westin Grand Cape Arabella Quays Hotel. All monies raised will go towards Project Literacy’s Run Home to Read Programme. Tickets are R1500 per person. Call 021418-5493.