Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hierdie firma gee min hulp teen diewe

Hierdie firma gee min hulp teen diewe
 
2005-06-30


Met verwysing van skrywe “Swak diens laat diewe maklik wegkom” in die Paarl Post van 23 Junie, kan ek alles beaam en nog meer wat betref die swak diens van ADT.

Ons moes drie maande gelede ‘n nuwe alarmstelsel laat installeer. Dit is nog steeds foutief en elke naweek loei ons alarm sonder ophou wanneer dit gestel is.

Baie keer is dit ontstelde bure wat ADT laat weet dat die alarm afgegaan het. ADT laat ons net weet dat hulle nie die sein ontvang nie.

Ons het al telkemale ons sleutelhouer se naam vir ADT gegee, maar tot op hede het hulle dit nog steeds nie.

Ek wil graag almal in Bergstraat laat weet dat ons bitter jammer is oor die rumoer naweke, maar ADT se swak diens kan ons hele straat raak.

Ons het al ons noodknoppe gedruk om te toets en niemand bel of volg dit op nie. Wanneer ek dan skakel en vra of hulle
die sein ontvang het, sê hulle hulle het.

Ons het gister ADT se diens skriftelik opgeskort na tien jaar, die diens is niks meer werd nie.

Kriekie, Paarl

Rob Dale, bestuurder Spesiale Projekte vir ADT Security in die Wes-Kaap, reageer: ADT-tegnici het mnr Cloete se eiendom ‘n paar keer die afgelope maande besoek. Hulle het werk verrig wat nodig was, soos om ‘n stukkende draad te vervang.

Ons reaksiebeamptes het ook op verskeie alarm-aktiverings by die eiendom gereageer.

Wanneer hulle dan by die eiendom gaan ondersoek instel het, het hulle gevind dat vensters oopgelaat is of dat troeteldiere in die huis was, wat tot vals alarms aanleiding gegee het.

Toe die alarm geaktiveer is, het ons probeer om die kliënt en die sleutelhouers te kontak, maar kon niemand bereik nie. Ons het boodskappe vir hulle gelaat.

ADT het mnr Cloete op 4 April gekontak en hy het ons voorsien van sy sleutelhouers se besonderhede.

Hy het bevestig dat hy ons boodskappe ontvang het, maar gesê dat hy in daardie stadium in die buiteland was.

Mnr Cloete het ADT nooit in kennis gestel dat hy met vakansie sou gaan nie.

Ons het ‘n rekord van die pogings wat ons aangewend het om hom en sy sleutelhouers te kontak telkens as die alarm geaktiveer is.

Op 13 Junie het ons ‘n paniekknoppie-sein ontvang en probeer om die perseel te kontak. Die telefoon was beset en die reaksievoertuig is uitgestuur.

Die kliënt het ADT toe gekontak en die voertuig is gekanselleer.

Ons beklemtoon graag hoe belangrik dit is dat kliënte ons Kliënte-Inligtingsdiens skriftelik in kennis stel van die name van hul sleutelhouers.

Hulle moet ons asseblief ook betyds skriftelik laat weet van voorgenome vakansies, sodat ons weet wie die betrokke kontakpersoon is en kan reël dat die eiendom meer dikwels gepatrolleer word.

Graag versoek ons kliënte ook om nie hul troeteldiere in ‘n aktiewe alarmsone te laat nie, aangesien enige beweging van die diere die alarm sal aktiveer tensy diere-vriendelike sensors geïnstalleer word.

Kliënte kan ‘n e-pos rig aan Hanene Herrmann van ons Kliënte-Inligtingdiens by haherrmann@ tycoint.com met hul jongste sleutelhouer-inligting of om ons in kennis te stel van vakansiedatums.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za