Sit langs my
2008-05-29
DIE sanger, Lize Beekman, tree Vrydag 6 Junie om 20:00 op in die Ou Meul-teater. Beekman se “Sit ‘n Bietjie Langs My” is geleentheid vir die gehoor vir terugsit en lekker-luister na die liedjies van haar nuwe solo-CD. Na die sukses van haar vorige solo-CD, Draadkar oor die See en die onlangse vrystelling van Beekman Lullabies, is dit met groot afwagting en opgewondenheid wat haar aanhangers uitsien om die nuwe liedjies te hoor. Die vertoning sal oorwegend bestaan uit die liedjies van die nuwe CD, afgewissel met ou treffers en alles natuurlik oorspronklike musiek en liriek uit die pen van dié bekroonde sanger-liedjieskrywer. Beekman begelei haarself op kitaar en dit beloof ’n afgeronde musikale vertoning te wees en ’n intieme en sielvolle ervaring vir die gehoor. Kaartjies is R80. Bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|