Kom kyk en luister na voëls
2008-05-29
DIE welbekende voëlkenner en fotograaf van voëls, Nico Myburgh, kom sy kundigheid, kennis, ervaring en skyfievertoning deel met die Paarl Tuinbou op 5 Junie om 19:00 by Megu Asiatiese restaurant in die Hoofstraat. Die aandfunksie gee geleentheid dat mans en werkendes ook die legendes van voëlfotografie kan beleef. Van sy foto’s is opgeneem in “Birds of the South Western Cape” deur Joy Frandsen. Slegs 40 kaartjies is beskikbaar by Eccentric Trading, teen R70 vir lede (R85 nie-lede). ’n Ligte vingerete is ingesluit. ’n Kontantkroeg is beskikbaar. Skakel Cecile Joubert by 082826-0499.
More
News
|