Sappige vroue hét ster-status
2008-05-29
KOM skitter saam by Nelson’s Creek Wynlandgoed naby die Paarl Saterdagoggend, 7 Junie vanaf 9:30 tot 13:00 ná die triomfantelike tema “Sappige vroue hét ster-status”. Kom tamboer baldadig saam met The Drum Café alle stres weg. Elsabe Aldrich gaan opkikkerdinge gesels plus bekendstelling van Jeanne Els se splinternuwe, moetleesboek, Ligdans. Dit handel oor die geveg teen die swart hond-depressie. Kom luister na Danie Niehaus, Amoré Bekker en Deirdre BarnardVisser. Die befaamde Kraaie van Wilgenhof is ook daar. ’n Ete word deur die ervare Retha Rix voorberei en stalletjies sal kreun (sappige vroue koop hul Kersgeskenke reeds in Junie). Trek aan net wat jy wil, maar iewers moet ’n ster wees, want daar is ’n prys vir die flonkerendste uitrusting. Koste is R250 per persoon. Kaartjiegeld gaan dié keer ten bate van die rehabilitasie van TIK- en ander dwelmverslaafdes in die Wes-Kaap. Skakel Marianna van Niekerk by 083-302-5612
More
News
|