Vier Vadersdag met voëls
2008-05-29
MET die oog op Vadersdag Sondag 15 Junie, bied Laborie restaurant op Vrydagaand 13 Junie ’n spesiale aand vir oupa, pa en seun aan. Tracy Chalmers van Eagle Encounters bring twee pragtige roofvoëls en vertel meer oor die gedrag van valkejag, roofvoëls en hul rehabilitasie. Dit is ’n ontspanne aand, waar gaste interaktief met die twee fassinerende roofvoëls kontak kan maak. Laborie Restaurant gaan ’n feesmaal voorberei vir die manne. Tuisgebakte brood en sop, ’n buffet wat wildsvleis, afval, bees en braai-aartappels insluit word afgerond met ’n gebakte poeding. Hierdie aand is slegs vir die manne. Skoolseuns is welkom. Kaartjies is R150 per persoon wat ete en diensfooi insluit. Skakel Lizelle of Nicolette by 021-807-3093.
More
News
|