Bonsaiklub vergader
2008-05-29
DIE Bonsai Kai spring eerskomende Saterdag weg met ’n regte wintersdagbenadering, ’n gesels rondom ou bestaande bome van senior klublede met die probleme wat die bome moontlik bied. Belangstellendes is welkom om 09:00 aan te sluit by die vergadering aan huis van Colin Welch in Welgevallenstraat 9, Dalsig, Stellenbosch. Ondervinding het geleer dat lede dan gewoonlik hulle meer suksesvolle bome bring, en omdat dit bespreking ontlok, bied dit altyd goeie ondervinding vir belangstellendes en nuwe lede. Vir inligting, skakel Pietman Retief by 082-554-1476.
More
News
|