Pheiffer steeds in sop al is klagtes teruggetrek
2008-05-29
Lise Beyers
TEN spyte van die aandrang van die nuwe burgemeester van Stellenbosch dat alle strafregtelike klagtes teen Gordon Pheiffer teruggetrek word, word klagtes van bedrog steeds teen hom ondersoek. Hierdie klagtes teen Pheiffer, ANC raadslid en speaker van die Stellenbosse raad, is gemaak, nadat hy ’n familielid, Paul Williams, gekontrakteer het om verfwerk vir dié munisipaliteit in Franschhoek te doen. Daar is ooreengekom dat Williams R10 000 sou ontvang vir die verfwerk. Pheiffer het glo hierna beweer dat die munisipaliteit foutief R31 000 in die kontrakteur se rekening betaal het. Hy het daarop aangedring dat Williams die oortollige bedrag van R21 000 aan hom oorbetaal. Hierdie bedrag het egter nooit die munisipaliteit bereik nie. Verdere klagtes wat teen Pheiffer ondersoek word is die bewerings dat Pheiffer ’n huis by La Motte, buite Franschhoek, aan ’n vriend Eddie Cloete toegeken het. Hierdie klagtes teen dié kontroversiële raadslid het verlede jaar veroorsaak dat hy uit die Stellenbosch se raad geskop is, maar nadat die DA vroeër vanjaar sy meerderheid in die raad verloor het, is hy terug in die arms van die ANC verwelkom. Maar niemand kan strafregtelike klagtes teen iemand terug- trek, behalwe die hof of die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV). Tans is Pheiffer se saak van bedrog by die DOV se kantore en daar sal binnekort ’n besluit oor sy vervolging bekend gemaak word. * ANC councillor Gordon Pheiffer, is still staring charges of fraud in the face.
More
News
|