Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Duurder brandstof, dunner beursies

Duurder brandstof, dunner beursies
 
2008-05-29

Jules Krige

BRANDSTOFVERBRUIKERS in Drakenstein en in die res van die land gaan deesdae gebuk onder baie hoë brandstofpryse en die ekonomiese skokgolwe word direk aan die beursie gevoel.

Wanneer die olieprys duurder word, beteken dit dat alledaagse lewenskoste soos kos ook duurder word, omdat al die ekonomiese sektore op een of ander manier aan brandstofpryse gekoppel word.

Motoriste met wie by vulstasies gesels is, is dit eens: hulle hou hul asems op en hul beursies styf vas wanneer daar petrol ingegooi word.

Motorritte word korter geknip en wanneer daar oor lang afstande gery moet word, word vragte swaarder gelaai om kostes te bespaar.

Dit lei tot meer gevare op die pad met oorlaaide trokke en paaie wat verrineweer word.

Plaaslike taxi-or-

ganisasies het reeds vanjaar ’n prysverhoging ingestel en werkers kla, want hulle kan die vervoerkostes nie meer bekostig nie.

Baie werkers pak nou eerder die pad werk toe te voet of per fiets aan. Verkope van motorfietse en bromponies skiet die hoogte in.

Die rede vir die duur brandstofpry- se word verbind met die stygende ru-olie- pryse.

Plaaslike petrolvervaardigers beskik oor die tegnologie om olie uit steenkool te vervaardig, maar dit is nie genoeg nie en die meerderheid olie moet uit die buiteland ingevoer word.

Olie word dan hier verwerk in raffinaderye en in brandstof omgeskakel.

Die internasionale olieprys was in Januarie 2007 $50 per vat en in Januarie vanjaar was die olieprys $95 per vat. Sedert Januarie tot nou, het die olieprys met $40 duurder geword en word dit nou teen $135 per vat verkoop.

Tans is die olieprys die duurste ooit en was ’n nuwe wêreldrekord vir die olieprys verlede week aangekondig.

Ongeloodte petrol was in Januarie R7,26 per liter en word tans in die Paarl teen R9,25 per liter verkoop.

Die dieselprys het van R7,40 in Januarie tot die huidige R10,20 gestyg.

Nog ’n petrolprysverhoging is om die draai nadat die olieprys laasweek tot ’n nuwe rekord hoogte geskiet het.

* Paarlites are travelling less and with heavier loads to save petrol.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za