Die heks met groen hare
2008-05-29
DIE kinderproduksie Arboreta, die heks met die groen hare, word Saterdag in die Breytenbach-sentrum op Wellington opgevoer. Arboreta is ’n boomheks en waak al vir eeue oor haar immergroen woud. Sy is ’n liewe heks, maar oud en baie skaam. Een ding wat Arboreta baie goed regkry, is om haarself te kamoefleer. Almal wat haar sien, dink sy is ’n boom. Tot op die dag dat klein Silvie in die woud verdwaal en die eerste mens word wat Arboreta kan sien. Arboreta, die heks met die groen hare, is geskryf deur Riana Scheepers en vir die verhoog verwerk deur Niël Rademan. Met Lindi Smit en Niël Rademan in die rolverdeling. Riana Scheepers sal ná die tyd boeke teken. Kaartjies is R40. Vir besprekings, skakel 021-873-2786.
More
News
|