Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sakelui warm onder die kraag

Sakelui warm onder die kraag
 
2008-05-29


STERK kapsie oor die sluiting van Dischem in Lady Greystraat, en die toekoms van die Paarl middedorp in die geheel, kom van sakelui.

Die organisasie Paarl-Our-Business is enkele jare gelede op die been gebring deur sakepersone van die Paarl wat uiters bekommerd was oor die agteruitgang van die middedorp, asook die hoë werkloosheidsyfer.

Hulle het daarin geslaag om ’n bedrag van R220 000 in te samel om ’n studie te laat doen oor die ontwikkeling van die dorp en die impak wat Paarl Mall op die dorp kan hê. Hierdie studie is gedoen deur Cape Town Partnership, wat die suksesvolle ommekeer van verdere verval, en die dinamiese ontwikkeling van die middestad van Kaapstad, bewerkstellig het.

Corporate Image, ’n professionele bemarkingsmaatskappy, was ook betrokke by die studie. Die onmiddellike doelwit van Paarl-Our-Business se studie, was om die verdere agteruitgang van die middedorp te keer, en deur die heront- wikkeling van Lady Greystraat tot ’n inkopiemekka, groei te probeer stimuleer.

So sou talle beleggings en werksgeleenthede van buite en binne die dorp gegenereer word.

Rolspelers is geïdentifiseer vanuit ’n sake-oogpunt en hulle is geïnkorporeer in die groter prentjie dat die Paarl aan alle groeperinge behoort.

Met die bekendmaking van die studie van Cape Town Partnership het die destydse voorsitter, Michael Farr, dit duidelik gestel dat die ontwikkeling van die middedorp so spoedig moontlik moet plaasvind.

Die bou van ’n winkelsentrum op die een punt van die dorp, soos die Mall, al wil mense in ’n veilige en skoon omgewing ongesteurd inkopies doen, is deur hul uitgewys as ’n ernstige rigtingwyser wat die middedorp as handelsentrum sal vernietig.

Al die groepe, van sakemense tot taxiverenigings, is gemaan om betrokke te raak om dié ernstige aangeleentheid te bespreek.

Volgens ’n ontstelde sakevrou wie destyds nou by die beplanning betrokke was, “was almal baie gemotiveerd, maar hulle het teen ’n baksteenmuur te staan gekom”.

Betrokke sakepersone is dit eens dat “die skeptisisme en negatiwiteit van die Drakensteinse Raad het daartoe gelei dat die poging skipbreuk gelei het.

“Vanuit die staanspoor is hulle raad bevraagteken – en die vraag is selfs aan lede gevra, hoekom hulle dit doen en wat kry hulle daaruit.

“Nou is die Paarl Mall daar en met hartseer moet die absolute haglike toestand van die middedorp daagliks deur die paar mense wat dit daar waag, getrotseer word.

“Dis vuil, dis onveilig en almal word aanhoudend gepla deur ongewenste mense wat jou steur. My hart bloei vir die sakepersone en grond- eienaars van die middedorp,” sê die sakevrou.

“Die Raad van die Drakenstein Munisipaliteit het met hul swak besluitnemingsvermoë en vasgevangenheid in kleinlike politiek, bewys dat hulle nie bevoeg opgetree het om hul pligte na te kom nie – ’n skoon dorp met goeie dienste is al wat inwoners van Drakenstein vra.

“Hulle is nie sakepersone nie en moet liewers net fokus op dienslewering, waarvoor hul aangestel of verkies is.

“Gaan kyk net hoe steek die toestand van ons paaie af teen dié van Stellenbosch en hoeveel vuiler is ons dorp as Franschhoek, waar die sakemense en die raadslede saamwerk tot voordeel van almal.

“Die uitwissing van die lang lys name vir huise vir die arm gemeenskap in veral Paarl-Oos, vorder ook nie. So is die lys van verval in ons dorp oneindig.

“Ons almal hoop en vertrou dat hierdie hartseer situasie kan omswaai en dat ons sal kan saamwerk tot voordeel van alle Paarliete in ons mooi dorp.”

* Grave concern has been raised about the state of Paarl’s central business district.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za