Gogos sorg vir weeskinders
2008-05-29
DIE jeuggesentreerde Vigs bewusmakingsorganisasie, LoveLife, het onlangs ’n goGoGetters-program geloods. Gogos is die Xhosa term vir ouma. Deur die program sal die 62-jarige Marta Mdingi van Mbekweni en ander gogos ’n netwerk vorm van 20 Vigswesies. Hulle sal toesien dat die kinders behoorlike kos en klere het en emosioneel gesond is. Die gogos sal ook op die uitkyk wees vir seksuele misbruik van die kinders, veral weeskinders wie kwesbaar is vir manupilasie om geld of kos te kry in ruil vir seks. Daar word gehoop dat met die gogo-program verhoed word dat kinders die risiko sal loop om MIV-infeksie op te doen. Met die gogo-program sal die kinders ten minste weet hul het iemand om hul te ondersteun. As voormalige huishulp, het Mdingi ook na ander pleegsorgkinders gekyk, asook haar eie seun. Toe daar nie ’n kleuterskool was nie, was sy die eerste persoon wat een oopgemaak het in haar eie huis. Huidiglik bly ses kinders in haar huis, twee van haar kleinkinders en ander uit die gemeenskap. Baie ouer vrouens soos Mdingi, het hul huise beskikbaar gemaak vir die kinders van die gemeenskap. Mdingi weet eerstehands hoe baie kinders ly. Haar pleegkinders kom van ouers wie hul kinders verwaarloos het. Die goGoGetters program sal met 500 gogos begin in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Gauteng en die NoordKaap. Huidiglik het reeds 25 gogos aangesluit in die program in die Wes-Kaap. Areakoördineerders sal die gogos ondersteun.
More
News
|