Skool hou herdenkingsdans
2008-05-29
DIE Hoërskool Noorder-Paarl nooi alle oud-leerders, onderwysers en ouers na die 55ste herdenkingsdans Saterdag om 18:00 in die Bo-Bergsaal. Peter de Villiers sal die spreker wees en die Elginairs van Grabouw sal die musiek verskaf. Die kaartjies is R150 en sluit in ’n kaasen-wyn-voorprogram en ’n driegangmaaltyd. Skakel Alvyra Goetham by 021-8727016 of Julian Wang by 076169-3175.
More
News
|