Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Miss Girls’ High eindig op hoë noot

Miss Girls’ High eindig op hoë noot
 
2008-05-29


VAN die Paarl se mooiste meisies het onlangs aan die Miss Girls’ High skoon­heids­kompetisie deelgeneem wat tydens ’n spog geleentheid by die Paarl stadsaal plaasgevind het.

Diegene wat hierdie skoon­­heidskompetisie misgeloop het, het seer sekerlik ’n groot aangeleentheid gemis.

Aanbieder, Neels van Jaars­­veld, beter bekend as dr Basson van Binnelanders, was op die verhoog en hy het die gehoor met intrige en sy verhoogpersoonlikheid op die punte van hul tone gehou.

Die tema “Rooi en Wit en Hoogmode” was ’n interessante tema wat baie van die finaliste en dansers se kreatiwiteit tot die uiterste toe beproef het.

Uit die twaalf finaliste moes daar ’n wenner aangewys word, en dit was vir die beoordelaars, Labarré Muggerige, Michelle Mc­Lean, Isabel Carstens-Roos, Johann Smith en Hugo Biermann ’n uiters mooilik taak om op ’n wenner te besluit.

Helanzi Dreyer was aangewys as die tweede prinses en Amy Sands as eerste prinses en Mej Fotogenies.

Talia Nielsen was as Mej Persoonlikheid en Miss Girls’ High 2008 aangewys.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za