Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sport Dagboek

Sport Dagboek
 
2008-05-29


SPORT EXCELLENCE GYM

Die wenspan van Sport Excellence Gym hou Saterdag sy amptelike opening saam met bekende Springbok rugbyspelers as eregaste. Lede van die gimnasium gaan ook die super 14 rugbyfinaal op die ‘big screen’ geniet.

NETBAL

Verlede jaar se twee NSA Nasionale Netbal Liga-finaliste, Die Wes-Kaap Tornados en die Gauteng Thunderbirds, is môre om 18:30 by Gimnasium se Sportsentrum in aksie. Dit behoort ’n opwindende wedstryd te wees tussen verlede jaar se twee finaliste. Die Tornados het tydens verlede jaar se naelbyter-stryd met 37-36 geseëvier.

STREEK-RUGBY

Wedstrydbepalings vir Saterdag is soos volg: Young Standards vs Riverstones (C veld); Voilets vs Allandale (A veld); Vineyards vs Laer Paarl (Hoofveld); Young Gardens vs Windmeul United (Gardens Park). Juniorwedstryde begin om 10:00.

Die algemene uitvoerende bestuur maandvergadering word Woensdag om 19:00 te Allandale gehou. Die vergadering sal ook dien as Forum-vergadering met WPRFU bestuur. Die loting van die Paarlstreek-uitkloptoernooi wat op 14 en 21 Junie gehou word, vind voor vergadering plaas. Afrigters van klubs se senior- en juniorspanne moet teenwoordig wees.

ATLETIEK

Paarl atletiekklub hou op 9 Junie ’n ledevergadering in die klubhuis van Noord-Eind Laerskool. ’n Geselligheid vir almal van Paarl atletiekklub wat aan die Comrades Ultra-marathon gaan deelneem word ook gehou. Kontak 083-444-6940.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za