Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportklubs moet plek maak vir 2010 ontwikkeling

Sportklubs moet plek maak vir 2010 ontwikkeling
 
2008-05-29

May Saal

DIE Paarlse rugby-, krieket-, muurbal-, kano- en hokkieklubs en die kantore vir die munisipale afdeling parke aan Markstraat, sal moontlik plekmaak vir die 2010 Paarl Waterfront-ontwikkeling.

Volgens David Delaney van die Drakenstein Munisipaliteit kan hierdie klubs, wat tans op die oewer van die Bergrivier by die Markstraatbrug geleë is, na die Boy Louw- velde langs die Bergrivier Boulevard verskuif word.

“Ons het al gesprekke gehad met die klubs. In beginsel het hulle nie ’n probleem om na die Boy Louw-velde geskuif te word nie, solank die fasilitiete dieselfde is of verbeter sal word.

“Daar sal nog verder gesprekke gevoer word met die klubs om alles te finaliseer,” sê Delaney.

Van die klubs het 25 jaar huurkontrakte met die munisipaliteit. Volgens Delaney behoort dit nie ’n probleem wees nie, want daar sal met die klubs onderhandel word.

Die klubs het verskillende opinies oor die moontlike hervestiging van die klubs.

Donnie Malherbe van die kanoklub het sy bekommernis uitgespreek oor die keerwal wat spesifiek opgerig is vir watersport.

“As ons na die Boy Louw-velde moet skuif, sal die keerwal dan nie benut word vir sy oorspronklike gebruik nie.

“Dit sal hartseer wees, indien daar nie ’n keerwal by die Boy Louw velde vir kanovaart gebou gaan word nie. As daar nie ’n keerwal is nie, dan beteken dit dat ons nie in die somer kan roei nie. Die meeste kinders leer roei in die somer,” het Malherbe sy bekommernis uitgespreek.

Hy sê verder dat nog iets wat ’n probleem kan wees, is die Bergrivier Kanomarathon wat sedert 1961 al by die Markstraatbrug jaarliks begin.

“Dit is ’n tradisie dat hierdie groot gebeurtenis jaarliks hier begin en dit is so eie aan die Paarl,” sê Malherbe.

Volgens André Retief van die rugbyklub sien hulle weer die moontlike skuif na die Boy Louw-velde as iets positiefs.

“As ons na die Boy Louw-velde skuif dan is die klubhuis by die rugbyvelde en dit sal nogal goed wees. Maar huidig is daar nog onderhandeling tussen ons en die munisipaliteit, alles is nog nie finaal nie. Ons het ook ’n huurkontrak met die munisipaliteit en dus kan ons nie gedwing word om te skuif nie,” aldus Retief.

Die muurbalklub ondersteun ook die 2010 Paarl Waterfront-ontwikkeling, sê Anthony Cross van hierdie klub.

“Om ’n skuif te maak, is altyd moeilik, maar ons sien uit daarna. Ons as klub is nie gekant teen die ontwikkeling nie,” sê Cross.

Queensgate Property Group Joint Venture is onlangs die tender toegeken deur die munisipaliteit om hierdie ontwikkeling te doen.

Die ontwikkelaars het die grond van 13,3 hektaar vir R20 miljoen gekoop om ’n Waterfront-ontwikkeling op te rig met die oog op ’n basiskamp vir die 2010 Fifa Wêreldsokkertoernooi.

Volgens Delaney sal die ontwikkelaars die fasiliteite ná die Wêreldsokkertoernooi teruggee aan die munisipaliteit, sonder enige kostes.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za