Franschhoek seëvier
2008-05-29
FRANSCHHOEK RUGBYKLUB het Saterdag hul besoekers, Lagunya, van hul voete af gespeel om met 22-17 die botoon te voer. Lagunya, wat bekend is vir hul hardlooprugby, het hulself vasgeloop teen die manne van Franschhoek se dekverdediging. ’n Prag drie deur John Jacobs was genoeg om finaal Lagunya se doppie te klink. Denver Adonis en Maxwell Davids het ook gedruk terwyl Morné Parson die drieë verdoel het.
More
News
|