Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest United stof Hamiltons af

Hillcrest United stof Hamiltons af
 
2008-05-29


HILLCREST UNITED het Saterdag sy beste wedstryd van die seisoen gespeel deur gerieflik met 27-17 met Young Hamiltons van Worcester af te reken. Die rustydtelling was 10-0 in Hillcrest se guns.

Die eindtelling vlei egter vir Hamiltons aangesien hulle in al die fasette van die wedstryd tweede viool gespeel het.

Hillcrest se vaste 5, met Donnie Adams (vaskopstut) aan die spits, was heeltemal te sterk vir Worcester. Weeso Zeeland het ook die stryd om die losballe gewen en het telkemale op die aanval opgeduik.

Hillcrest se span was ook uitstekend deur Jerome Coetsee gelei.

Vir die span van Wellington het Adam Arendse (agtsteman, 2 drieë), Edward McCarthy (vleuel) en Chad Meyer drieë gedruk. Jerome Coetzee was in die kol met 2 doelskoppe en ’n strafdoel.

Die naweek speel Hillcrest teen Standards van Bredasdorp op hul tuisveld, Vegkoppie.

Hillcrest sal Saterdag, vanaf 15:00, hoender en slaai verkoop teen R35 per bord. Verrigtinge word die aand afgesluit met ’n dans in die 30 plus Club Niveau.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za