Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newtons storm steeds voort

Newtons storm steeds voort
 
2008-05-29


NEWTONS het Saterdag sy goeie vertonings die seisoen voortgesit met ’n uitstekende oorwinning van 45-11 oor die besoekers van Rawsonville.

Newtons speel vanjaar kookwater rugby en met slegs een wedstryd in die eerste ronde oor is dit ’n uitgemaakte saak dat die span die eerste helfte van die seisoen as voorlopers in die liga sal afsluit.

Rawsonville United kon eenvoudig nie al die gate toestop nie en met die tuisspan se kaptein, Eslin Snyders, en die Boland Kavalier-speler, Alshaun Bock, aan die spits, was Newtons teen rustyd reeds met 33-6 voor.

Briljante samespel tussen die voor- en agterspelers van Newtons het veroorsaak dat die besoekers aanhoudend moes keer om die telling laag te hou. Ná rustyd het Newtons egter effens stoom verloor en kon hulle slegs 2 drieë tot die telling voeg. Newtons se poging was egter goed genoeg om ’n voltal punte uit die wedstryd te verseker.

Newtons se drieë is gedruk deur Bock (2), Les Johannes (2), Roderick Loverlott, Hyco Jacobs, en Conroy Barron. Jacquin Ruthford het geslaag met 5 doelskoppe.

Newtons speel Saterdag weg teen Caledon. Die bus vertrek om 11:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za